|
|
|
![]() |
![]() |
||
G E S K I E D E N I S Oostelike Pietersburg en Welgelegen-gemeentes
deel die kerkgebou wat geleë is op die hoek van Grimbeek - en
Websterstrate. Mnr Grimbeek is op 14 Februarie 1883 te Potchefstroom gebore. Op 10 November 1902 het hy na Pietersburg verhuis waar hy op 18 Junie 1906 met mej. Helena Roos getroud is. Hy was aanvanklik aan die Lande Departement verbonde maar het later hierdie betrekking bedank. Gedurende die laaste aantal jare was hy aan die Sentrale Landraad verbonde. Hy is gedurende die jaar 1917 tot die Stadsraad verkies en was Burgemeester gedurende die jare 1920 tot 1922. Sy termyn as raadslid is gedurende die jaar 1923 beëindig. Mnr. Grimbeek is in ongeveer 1962 in Pretoria oorlede. Websterstraat is vernoem na 'n oud-Burgemeester van Pietersburg: James Robert Webster. Mnr Webster is op 11 Maart 1857 in Londen, Engeland, gebore en is met mej. M.A. Hammond op 20 Junie 1887 getroud. Aan die einde van 1903 verhuis hy na Pietersburg waar hy besturende direkteur van die firma Mnr H. Möschke Bpk. was. Die huidige Pietersburg-museum (e-pos: linda.swart@pietersburg.org.za), wat gehuisves word in The Irish House, was die Möschke winkel gewees. Gedurende die jaar 1904 word hy verkies as lid van die Stadsraad en word as Burgemeester verkies vir die jare 1908 tot 1910 en weereens gedurende die jaar 1913. Hy is egter op 29 Januarie 1913, voor die verstryking van sy ampstermyn, oorlede. Betzstraat is vernoem na 'n oud-Burgemeester van Pietersburg: Jakob Georg Johann Betz. Mnr. Betz is op 21 April 1884 te Kimberley gebore. Gedurende Oktober 1903 verhuis hy na Pietersburg waar hy op 11 November met mej. A. Natorp in die huwelik bevestig is. Hy was die eienaar van 'n drankwinkel in die dorp en is gedurende die jaar 1920 tot die Stadsraad verkies. Hy dien die dorp as Eerste Burger in die jaar 1922 / 23 en sy termyn as raadslid is in 1925 beëindig. Mnr. Betz is op 9 Augustus 1949 in Pietersburg oorlede. BRON: J. Botes Straatname Pbg. Vol. I-IV Noordelike Pietersburg-gemeente
is geleë in Bulawayostraat in die voorstad Annadale, nou bekend
as Ladanna. Hierdie straat is die mees noordelike straat in Ladanna, m.a.w. die naaste straat aan die stad Bulawayo. BRON: J. Botes Straatname Pbg. Vol. I-IV Pietersburg-gemeente is geleë op die hoek van Vorster-(tans Thabo Mbekistraat),
en Biccardstrate. Kommandant B.J. Vorster trou in 1852 met Alida Margaretha Botha en verhuis na Waterberg in 1853. In 1855 vestig hy hom in Schoemansdal waar hy boer en grootwildjagter was. Van 1888 tot 1898 was hy Naturellekommissaris te Kalkbank. Hy was een van die stigters en ouderlinge van die N.G. Gemeente Zoutpansberg, en 'n leidende figuur in die botsing tussen die N.G. en Nederduitsch Hervormde Kerke gedurende 1885. Biccardstraat is, volgens die meedeling van oorlede professor H.P. Wolmarans, voorheen 'n predikant van Pietersburg gemeente en later van die kombinasie Dendron / Vivo / van Warmelo, vernoem na 'n vroeë predikant van die Hervormde Kerk, ds. L.G.F. Biccard. F.G. van Asten skryf in sy M.A.-tesis "Die Geskiedenis van Pietersburg en sy Omgewing, 1867-1899" (bl. 53-54), soos volg oor ds. L.G.F. Biccard: "Deur bemiddeling van ds. van Warmelo het ds. L.G.F. Biccard die voltydse beroep as predikant vir Zoutpansberg aangeneem en op 24 Julie 1875 is hy op Houtboschberg deur ds. van Warmelo bevestig. Ds. Biccard, na baie moeilikhede deurgemaak te hê, het sy bediening as predikant neergelê en die kerkraad het dié op 23 Julie 1887 aanvaar. Ds. M.J. Goddefroy, wat in September 1887 as predikant van die Ned. Hervormde Kerk van die gemeentes Pretoria, Middelburg en Standerton bevestig is, het die konsulentskap vir die gemeente Zoutpansberg aangeneem en hierdie funksie tot in 1903 vervul." Gedurende die 1885 twis tussen die kerke het ds L.G.F. Biccard bedank en is hy daarna aangestel as Mynkommissaris (sien Goewerments-Kennisgewing No. 681 in die "Staats Courant Deel XIII gedateer 29 November 1893") Dit is dus interessant om daarop te let dat die N.H. Kerk Pietersburg (moedergemeente) gebou is op die hoek van twee strate wat vernoem is na twee prominente persone in ons geskiedenis wat beide in die kerkstryd van die jaar 1885 vasgevang was, naamlik Kommandant B.J. Vorster en ds L.G.F. Biccard. BRON: J. Botes Straatname Pbg. Vol. I-IV |
|||
| Tuisblad | Publikasies | Preke | Geskiedenis | Apostolaat | Fokus 40 | Administrasie | Kalender | | |||